BOOK YOUR FREE
DISCOVERY SESSION TODAY

    Kaalkop Waarheid oor die AHI

    Kyk gerus na die onderhoud tussen Tom Moodie en Dr Richard Botha oor Tom se nuwe boek.

    Tom Moodie, voormalige ekonoom van Saambou Nasionale Bouvereniging, het ’n verbintenis met die Afrikaanse Handelsinstituut wat oor meer as 40 jaar gestrek het. Hy is ook die outeur van die boek Die Saambou Debakel.   Deur die jare het Tom Moodie verskeie bestuursposisies in die AHI beklee en was onder andere ‘n lid van die AHI Hoofbestuur gedurende 1988 tot 1992 en weer in 2010 tot 2015. Hy het verskeie posisies en ampte binne die Handelsinstituut-hiërargie beklee. Hy was ook mede-opsteller van die AHI se grondwet soos in 2015 goedgekeur.

     

    Aangesien Saambou meer as 35 jaar kongresdienste aan die AHI gelewer het, en vier van Saambou se uitvoerende direkteure president van die Handelsinstituut was, het dit hom gereeld in kontak met die organisasie gebring. Hy woon onder meer 36 AHI kongresse tussen 1970 en 2017 by en het by verskeie geleenthede beskrywingspunte op hoofkongres en sektorale kongresse ingelei. Benewens dit lewer hy ook praatjies en toesprake op uitnodiging voor talle sakekamers.

     

    Tom doen sy dienspligopleiding 1963 te Diensvakskool. Hy word in April 1964 aangestel as Bevelvoerder van die nuutgestigte 101 Lugvoorsienings Kompanie op 19 jarige ouderdom. Die jongste bevelvoerder ooit in die weermag. Hy bedank op 25 April 1994 na 30 jaar as bevelvoerder – die langste dienende en aaneenlopende bevelvoerder nog in die SAW. Benewens verskeie ander medaljes verwerf hy ook die John Chard Dekorasie (JCD) en die Militêre Meriete Medalje (MMM). Hy neem aan verskeie grensoperasies deel, onder andere Operasie Reindeer en Kassinga.

     

    Tom is getroud met Dina. Een seun en een dogter is uit die huwelik gebore, en Tom en Dina het reeds vier kleinkinders. Tom se belangstellings sluit bome in, en hy kan oor die 280 inheemse bome identifiseer asook hulle botaniese name. Hy is n ywerige voëlkyker. Tom is steeds aktief en het gedien as Hoof-Uitvoerende Beampte van Gryskrag, ‘n organisasie wat omsien na senior persone se behoeftes en belange. Hy tree ook op in verskeie TV programme, onder andere “ ’n Huppel in die Stap”. As skrywer het hy reeds drie boeke die lig laat sien. Sy belangstellings loop wyd deur die geskiedenis, ekonomie, politiek en hy is n toegewyde leser.

     

    Met al hierdie ervaring, het Tom besluit om sy kennis met die Afrikaner volk te deel deur ‘n boek te skryf oof die AHI genaamd, Die Afrikaanse Handelsinstituut –  Die kaalkop waarheid oor 75 jaar van hoogte- en laagtepunte.

     

    Die boek beskryf hoogte- en laagtepunte oor die 75 jaar van die bestaan van die Afrikaanse Handelsinstituut. Dit is die verhaal van die ekonomiese emansipasie van Afrikaner-besighede en die dinamiese rolspelers oor hierdie periode. Die boek beskryf die sakemodel wat vir 50 jaar suksesvol gewerk het en beskryf verder hoe dit ná demokratisering verander is, wat tot die ondergang van hierdie organisasie van aansien gelei het. Daar word ook gekyk na die debakel tydens die Spesiale Algemene Vergadering in September 2017, wat die laaste spyker in die doodskis van die AHI was.

     

    Die boek, benewens die impak wat die AHI oor die 75-jaar periode op die landsekonomie uitgeoefen het, behandel die rol en plek van die AHI binne ‘n Afrikaner-kultuurkonteks, maar ook binne die politieke opset van die dag soos gemanifesteer oor die driekwart eeu van sy bestaan.

     

    Buiten die verskoning wat die AHI voor die Waarheids- en Versoeningskommissie vra vir ongeregtighede van die verlede, beskryf die boek ook die bydrae en rol wat verskeie hoof-uitvoerende beamptes oor die tydperk gespeel het. Reg of verkeerd het hulle hul rol gespeel om die aansien en dinamiek van die AHI nie alleen in stand te hou nie, maar ook uit te bou of het, aan die ander kant, bygedra tot sy ondergang. Dit is ook die verhaal oor tyd wat gelei het tot die stelselmatige verengelsing van die Afrikaanse Handelsinstituut. Die boek kyk voorts in n aparte hoofstuk na ‘wie is wie – gister en vandag’ in Afrikaner-besighede en hulle invloed soos oor die periode gemanifesteer.

    LEARN MORE ABOUT THE 12 SUCCESS PHASES IN YOUR LIFE

    Intellectual

    Intellect has to do with our ability to acquire information, develop our understanding and finding ways to enrich our minds with knowledge.   

    Character

    Character is the  attributes or features that make up and distinguish an individual. Our character determines our success. 

    Emotional

    We are emotional beings. This area refers to our ability to identify and manage our own emotions, as well as the emotions of others.

    Financial

    The financial aspect refers to our ability to manage our money effectively by managing cashflow,  saving, budgeting and investing.

    Relationship & Love

    Everyone wants to be loved. Love is our ability to have intense feelings of deep affection for someone. Many times intimate relationships.

    career

    Our career is what we do for a living and how we advance through life. It can be a specific profession or simply our life’s work. Our career gives us a level of fulfilment and a sense of achievement.

    health and wellness

    Our physical health and well-being is vital – without it we do not exist. Health is about our physical state of being and wellness about living a healthy lifestyle.

    SOCIAL

    Socializing includes our communities and group activities that we are part of. We are social beings and without connecting with others we cannot be successful.

    parenting & family

    Family is our social unit, whether related or not that we feel loves us unconditionally. This area focus on the relationship we have with our families. Parents and/or children support each other.

    spiritual

    Spirituality is the recognition of a feeling or belief that there is something greater than myself. Often it involves a search for our life purpose.

    time

    We all have the same amount of time. Time refers to our ability to use our time efficiently. Using time effectively gives us a choice of what we want to spend our time on.

    quality of life

    Our quality of life is where all other aspects come together. It is where we take our aspirations and accomplishments as a measure of happiness.

    Enjoy more articles and media focused on having  a successful intellect

    No Results Found

    The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.